Sisufos - Wikipedia Sisufos in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Sisufos se straf, deur Franz von Stuck (1920). Sisufos (Grieks: Σίσυφος), ook Sisuphos, was in die Griekse mitologie ’n koning wie se straf in Tartaros was om ’n groot rots tot in ewigheid teen ’n heuwel uit te stoot. Skelmstreke[wysig | wysig bron] Sisufos was die seun van koning Aiolos van Thessalië en Enarete, en die stigter en eerste koning van Korinthe. Hy het navigasie en handel bevorder, maar was gierig en skelm. Hy het dit geniet om reisigers en besoekers dood te maak omdat dit hom toegelaat het om ander te oorheers. Sedert Homeros word Sisufos uitgebeeld as die skelmste van alle mense. Hy het sy niggie verlei, sy broer se troon afgeneem en Zeus se geheime verklap. Hy het onder andere vir die riviergod Asopus vertel waar sy dogter, Aigina, is nadat Zeus haar ontvoer het. Zeus het Tanatos (die verpersoonliking van die Dood) toe opdrag gegee om Sisufos in kettings na Tartaros te neem. Sisufos het Tanatos skelm gevra om die kettings uit te toets om te kyk hoe hulle werk. Toe het hy Tanatos vasgebind en hom gedreig. Dit het ’n groot bohaai veroorsaak en niemand kon doodgaan nie totdat Ares tussenbeide getree en die Dood bevry het. (Hy was kwaad omdat sy oorloë nie meer pret was nie, want geen van sy teenstanders kon doodgaan nie.) Daarna is Sisufos na Tartaros gestuur. Voordat hy gesterf het, het hy egter sy vrou gevra om sy liggaam ná sy dood in die middel van ’n openbare plein te gooi in ’n poging om sy vrou se liefde vir hom te toets. Ontsteld omdat sy vrou hom gehoorsaam het, het Sisufos die koningin van die onderwêreld, Persefone, oorreed om hom toe te laat om terug te gaan en sy vrou te gaan uitskel omdat sy nie sy liggaam begrawe het soos ’n liefdevolle vrou sou doen nie. Toe hy eers in Korinthe was, het hy geweier om terug te gaan na die onderwêreld. Hermes moes hom eindelik terugsleep daarheen. Sisufos se straf[wysig | wysig bron] As straf vir sy skelmstreke is Sisufos gedwing om ’n groot rots teen ’n steil heuwel uit te stoot, maar net voor hy die spits bereik, het die rots weer teruggerol en dan moes hy van voor af begin.[1] Verwysings[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Sisyphus ↑ Odussee, xi. 593 l b w Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie Oergode Eter Chaos Chronos Erebos Gaia Hemera Nyx Pontos Tartaros Uranos Titane Eerste geslag: Huperion Iapetos Koios Krios Kronos Mnemosune Okeanos Foibe Rea Tetis Teia Temis Tweede geslag: Asteria Atlas Eos Epimeteus Helios Leto Menoitios Prometeus Selene Olimpiese gode Afrodite Apollo Atena Ares Artemis Demeter Dionusos Hefaistos Hera Hermes Poseidon Zeus • (Hestia) Ander gode Adonis Alfeus Asklepios Eros Hades Hebe Herakles Pan Persefone Plouton Halfgode Achilles Antiope Daidalos Ganumedes Ikaros Jason Oidipus Orion Orfeus Peleus Penelope Perseus Sisufos Tantalos Teseus Ander wesens Amasones Charon Chtoniese gode Eriniërs Gigante Gorgone Grasieë Honderdhandiges Hidra Kerberos Minotourus Muses Nimfe Saters Sentoure Siklope Skikgodinne Styx Normdata BNF: cb12078609k (data) GND: 118614797 LCCN: no2014082839 NKC: jo2016908762 SUDOC: 078600707 VIAF: 67258418 WorldCat Identities: viaf-67258418 Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sisufos&oldid=2368613" Kategorie: Karakters in die Griekse mitologie Versteekte kategorieë: Artikels met BNF-identifiseerders Artikels met GND-identifiseerders Artikels met LCCN-identifiseerders Artikels met NKC-identifiseerders Artikels met SUDOC-identifiseerders Artikels met VIAF-identifiseerders Artikels met WorldCat-identifiseerders Normdata met 6 elemente Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis More Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Wikidata-item Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Ander tale العربية مصرى Asturianu Azərbaycanca Boarisch Беларуская Български বাংলা Brezhoneg Bosanski Català کوردی Čeština Чӑвашла Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Gaeilge Galego עברית Hrvatski Magyar Հայերեն Bahasa Indonesia Íslenska Italiano 日本語 Jawa ქართული Қазақша 한국어 Latina Lëtzebuergesch Lietuvių Македонски မြန်မာဘာသာ Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Occitan Polski Português Română Русский Scots Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina Shqip Српски / srpski Svenska ไทย Türkçe Українська Tiếng Việt Winaray 吴语 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 5 Februarie 2021 om 08:16 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Selfoonweergawe Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring